Withuis
Spesiale aanbod: Bespreek vir 7 dae of meer en kry 20% af!
Nie van toepassing in Desember skoolvakansie.

Withuisie Woonstel

Hierdie eenheid akkomodeer tot 8 persone in drie en-suite slaapkamers. Slaapkamer 1 het 'n dubbelbed en baba bed, volledige badkamer met 'n bad en stort. Slaapkamer 2 het 'n koningingrootte bed en stapelbeddens en beskik oor 'n badkamer met stort. Slaapkamer 3 het 'n koningingrootte bed en 'n badkamer met 'n stort.

Verder beskik die eenheid oor 'n volledig toegeruste kombuis met yskas, stoof, oond, wasmasjien, skottelgoedwasser, mikrogolf en ketel. Privaat kuier- en braai-area. Onderdak parkering voor die eenheid agter 'n sekuriteitshek.

Withuisie - Foto 1 Withuisie - Foto 2 Withuisie - Foto 3 Withuisie - Foto 4 Withuisie - Foto 5 Withuisie - Foto 6 Withuisie - Foto 7 Withuisie - Foto 8 Withuisie - Foto 9
  • 3 en-suite slaapkamers
  • Linne en handoeke
  • Elektriese komberse
  • Eetgerei vir 12 persone
  • Ketel
  • Kastrolle en panne
  • Yskas
  • Mikrogolf
  • Stoof en oond
  • Wasmasjien
  • Skottelgoedwasser
  • TV met SABC, eTV
  • Gratis WiFi
  • Geen rook in eenheid
  • Geen troeteldiere